Eiendomsreg-afdeling
Die eiendomsreg-afdeling is een van die grootste in die omgewing. Diè afdeling spesialiseer in verskeie aspekte van eiendomsreg en aktebesorging en voorsien kundige raad ten opsigte van alle fasette van eienaarskap, verkope en ontwikkeling insluitend grondonteiening, aktebesorging, behuisingskemas, ontwikkelingskontrakte, verbandaktes en sekuriteit, eiendomsevaluering, eiendomsontwikkeling, serwitute, notariĆ«le huurkontrakte, eiendomsfinansiering, hersonering, streekbeplanning en dorpsgebied-vestiging.
Professionele personeel
Die werk word aan gekwalifiseerde professionele persone toegeken volgens hulle spesifieke vaardighede. Doelwitte word gereeld gemonitor om die hoogste kwaliteit te verseker. 'n Addisionele span van 29 personeellede voorsien ondersteuning deur middel van administrasie, finansiële beheer en informasietegnologie.
Werknemers en bemagtiging
In Julie 2007 het Miller Bosman Le Roux 98.39 persent (Vlak 2) behaal in 'n evaluering ten opsigte van Swart Ekonomiese Bemagtiging wat die firma plaas onder diè maatskappye wat in die hoogste mate aan hierdie vereistes voldoen.
|
Dienste aangebied deur Miller Bosman Le Roux
Aktebesorging
Eiendomsreg
Kommersiële reg
Registrasie van maatskappye
Huweliksvoorwaardeskontrakte
Bestorwe boedels
Familiereg
Arbeidsreg
Eise vir persoonlike beserings
Skuldinvordering
Litigasie
Wat maak Miller Bosman Le Roux besonders?
Gevestigde en gerespekteerde firma in Kaapstad en omgewing
Sterk litigasie-, kommersiële en eiendomsafdelings
Praktiese betrokkenheid van senior regspraktisyns
Hoë vlak van ervaring
Professionele maar persoonlike benadering tot kliënte
Voldoen aan die vereistes van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)
Ekonomiese oorwegings
|